Wednesday, December 13, 2006

Uitnodigings

Baie dankie vir 'n vriendelike vreemdeling by die naam Elize, sy het my goedgunstiglik uitgehelp met bewoording vir my uitnodigings!!! Jy sal my nie glo nie, maar ek het die net vrot gesoek vir informele maar nie "platvloerse" bewoording, NIKS!!! Dis skandelik, Afrikaanse webwerwe, WAT GAAN AAN???? Elize, jy's 'n skattebol, as ek weer vashak email ek jou dadelik!! xxx

Monday, December 11, 2006

Nog 110 dae

Ok, so dis nog 110 dae voor ekke Mevrou Button is, wat de hel, dis nog sooo lank, hoekom draai my maag dan nou al van bleigeit?? Of is dit SENUWEES????? Weet nie, maar ek kan nie wag vir 31 Maart 2007 nie!! Ons het die naweek gou my materiaal vir my "skepping deur Barbara" gaan koop by die Plaza, en ja, toe ek daar is, loop ek die 2 winskopies van die jaar raak.... Trouskoene, perfek en soooo gemaklik - R40.00 !! En die Tiara wat ek twee weke terug Adore het en besluit het dat hy teen R450.00 te duur is vir 'n arm bruid soos ek, ja, 'n skamele R200.00 - afgemerk vir "Krismis"!! Nou hoef ek nie te probeer om 'n Armani Tiara skepping so by my eie self te maak nie, ek het presies wat ek soek, en boonop kan ek dit na die tyd saam met die special price skoene in 'n diepte raam of iets sit vir ons eerste etiti se kamer... Ek moet nou net met spoed die kaartjies begin maak anders nooi ons almal uit per sms, ek glo nie die posduiwe is op Red Bull vir spoed nie..... o ja, en die troukoek.... wat 'n mission vir 'n ordentlike troukoek wat nie meer gaan kos as my bruids uitrusting nie...